Vader se Hande
Vader se Hande
Vader, hier is my hande, klein teenoor U hande, U hande wat alles geformeer het.
U Hande toon geen teken van veroudering nie en tog het U hande alles laat ontstaan.
U hande het alles deeglik en sorgvuldig geweef, geprogrameer, U hande het vernuftig sonder twyfel alles tot in die kleinste gevorm het.
U hande wat so groot is, en tog, die fynste kleinste mikroskopiese diertjies op aarde gemaak het, wat geen oog kan sien nie.
U Hande so geweldig Groot maar ook Klein.
U wêreld van gedagtes dink anders, is anders, U ken U kunswerk, U ken U handewerk,
“EK”
Deeglik deur U hande in U beeld van denke vervolmaak, kunstig geskilder, haarfyn elke lyn, elke diepte, breedte, lengte en hoogte.
“Awesome” is dit om te weet, U skilder op doek met U hande, die prag en praal van U wysheid, glinster, U gedagtes vasgevang in prente en kleure, en met die spreek van U Heilige Woord bring U GEES U kunswerk in Lewe.
Mens probeer dit verstaan en begryp maar verstand en insig kom kort.
U lewe in en deur ons, deur die vloei van U verheerlikte gedagtes.
‘n Skuilplek is U hande, U hande hou die aarde in die niks vas.
U hande hou my vas, U skepping lewe van niks tot iets.
U helderheid is soos ‘n skerp lig, bliksemstrale van krag vloei uit U hande, deur U hande wys U, U krag, U krag speel deur die bloue Hemele, ‘n kunswerk van U, afge-ets, gehoorsaam in eerbied alles teenoor U handewerk, God’s vresend getrou, gehoorsaam, nederig, vergenoegd, vol van U liefde.
Onder U hande verneder ons onself, sodat ons in ontsag, nederigheid, God’s vresend, gehoorsaam buig, voor ‘n Vader van gesag en liefde, hande wat my toevou en koester.
Vader Hande
