Ek is VRY
Ek is VRY
My gedagtes speel soos die wind
Dit dartel en kartel,
Gedagtes jy maak my blind,
Vrye wil wie is jy?
Jy wat my telkemale laat verdwaal,
Al die afdraai paaie die ken jy,
NIemand kan jou leer,
Niemand kan jou keer,
Jy …….. jy te slim vir my,
Jy hou my vas in boeie, ek kan nie beweeg,
Ek breek los van jou,
Ek kan nie meer met jou,
Ek laat jou gaan,
Skielik is daar in my,
Melodiee, klanke, die stem van die Hemele,
Die begroet my ….. ‘n nuwe ritme,
‘n Nuwe lied,
Klanke skoon, suiwer,
Ek is vry,
Die Heer die seën my.
Hy lei my.

