Die Hemele weet
Die Hemel Weet
Die Hemel weet, om met woorde te speel is soos om die ruimte in te vlieg, die monsters van lewe wat van alle oorde vlieg en my wil stop in my vlug, agter te laat, nie toe te laat dat die lewe sy vrese, sy angs, sy spanning, sy probleme my kom inslurp en vernietig en dan die vryheid van die geestelike vlug van lewe in die huidige te mis en myself te pletter val, terwyl ek geweet het om nie om te kyk, nie toe te laat dat die goed my vang nie.
Die Hemele weet daar is net een huidige lewe, ‘n lewe wat die toekoms, die verganklike in, die ewigheid in bepaal.
Die Hemele weet, begin speel op die note van lewe, waag dit! Laat die klanke die ruimte inklief, wat net gees kan hoor en verstaan, sodat jou lewe huidiglik, die geestelike in diepte kan groei en sterk word, geanker, stewig, dat wanneer die storms, die oppervlakte wat die storm sien, aanval, die storm se verstand te bowe mag gaan hoekom hy dit nie dit kan skuif, want die storm sien nie die diepte daarvan raak wat in die Godheid ingegroei is nie.
Die Hemel weet dat jy in die Godheid in groei en nie in die vlees. Vlees kan tog nie die gees volg nie. Help my verstaan!
Die Hemel weet in die geestelike ruimte is daar ‘n vryheid waar geen mens woorde kan vind, die klank van stilte hou die woorde vas, die stilte spoel soos golwe teen die mure van die hemel waar spieëls van liefde en guns dit terug weerkaats en woorde vorm in jou verstand en jy kan hoor van jou Meester, die Skepper.
Die Hemel weet, as jy Sy plan vir jou lewe sien, wanneer jy dit droom, wanneer jy dit verstaan, doen dit, leef dit, moet nie vir ‘n oomblik stop, moet nie dat iemand jou van plan laat verander behalwe as jou Skepper dit verander, vloei in Sy lewe in, vloei in die Godheid in, laat Sy strome van lewe jou voed. Lewe Sy lewe!
Die Hemel weet, dan weet jy wat is dit om in die gees deur God gelei te word,
Die Hemel weet, dan kry jy insig in die woordjie “liefde”, insig in die woord “genade”, hierdie onvoorwaardelike, oneindige liefde wat groter as mens wees is, groter as oseane is, dan verstaan jy diepte, hoogte, lengte breedte van ‘n Goddelike grootheid wat geen vorm het, wat nimmereindigend is, wat alles is. Jy verstaan die woord, ALLES, net deur die klein opening van genade.
Die Hemel weet, waar ek in die gees wandel met My God, waar Hy my in Sy kamers van liefde in geneem het, die volle slotsom van lewe verduidelik het, waar verstand nie meer saak maak, waar wysheid van die God van Wysheid, die legende van lewe, die geskiedenis, die aardrykskunde, die wiskunde, die wetenskap oortref, waar Hy Sy woord spreek, waar Sy woord ge-Heilig is, woorde van Heiligheid, gesag, gedissiplineerd, ‘n autoriteit, Ek is wie Ek is, uit Sy mond uitgaan en die hele skepping teenoor Hom buig, in gehoorsame eerbied. Die skepping het wysheid bekom, hul verstaan, wat Hy spreek is alreeds.
Die Hemele weet, Die Skepping verstaan, verstaan jy as mens?
Die Hemel weet, om hierdie rede buig ek my kniee voor God onse skepper en pleit vir genade om te mag sien, net ‘n klein opening, die toekoms in, die Hemele in, sodat ek kan vashou daaraan, om die huidige te kan oorwin, te weet waarheen ek gaan!
Die Hemele weet, ek wil ook kan verstaan soos die skepping verstaan. Om te kan verstaan, om te doen en uit te voer tot voordeel van GOD en U skepping, ek as mens!.
Die Hemele weet, ek vra elke dag vir Sy kennis, Sy wysheid, nog meer van die God wat ‘n mens nie kan sien, sodat ek die volheid van Hom vind soos wat Hy van skryf in Sy handleiding, die gids van lewe. Sodat ek die KRAG wat van Hom in aksie is, kan ervaar elke sekonde van die huidige, dit wat mense nie wil verstaan of nie soek nie, dit wat die pols slag van die heelal is. Gees!
Die Hemele weet, dat die kluis waar alles in opgesluit is, geopen en geopenbaar sal word, al die antwoorde wat die mens het, op vrae wat nie geantwoord is nie, wag daar.
Die Hemele weet, kom ons vlug na lewe en vind dit!
Die Hemele weet, dit is waar ons U vind!
